
Program-weergawe
----------------------------------------------------------------
Nuutste Program-weergawe: 2022.03.20
Databasis-weergawe: 2022.01
----------------------------------------------------------------
Onthou om jou programlisensie betyds te hernu!
---------------------------------------------------------------------------
Indien jou databasis verskil van die nuutste weergawe, moet dit ingestuur word vir opgradering.
Uitslae beskikbaar op
Joba Results
(www.jobaresults.co.za)
___________________________________
Aanlyn-inskrywings vir byeenkomste word gedoen op: http://jobaentries.co.za
Opwindende Nuwe Ondersteuningsdiens!
Kontak my met 'n e-pos (joba@joba.co.za) om
jou en jou familie se heelbreindenke te bevorder.
*Geakkrediteerde KNI-Praktisyn
Die Joba Atletiek 2022-weergawe!
- Daar is 'n opgradering met regstellings, veral met die rugsteun opsie.
- Daar is 'n nuwe fasiliteit vir tussenskole en groter byeenkomste om inskrywings op die web op te laai. Doen spesifiek navraag indien u dit wil gebruik.
- Die byeenkoms se program kan nou maklik opgelaai word vanaf 'n Excel lêer.
- 'n Nuwe skerm waarvandaan 'n nuwe byeenkoms geskep en opgestel kan word.
- Die inskrywingstemplaat laat nou tot 5 items per atleet toe.
- Nuwe opsies om een plekpunt toe te ken vir deelname.
- Beamptes kan geregistreer word, beamptelys gedruk word, en hoofbeampte van item sal op uitslagkaarte verskyn.
- Data se rugsteunlêer kan nou vanuit Joba-Atletiek direk per e-pos na Joba gestuur word indien nodig.
- Spankontrolelyste kan nou direk uit program ge-e-pos word na die spanbestuurder se e-posadres.
- Die spanuitslag kan direk vanuit program ge-e-pos word na spanbestuurder.
Joba Rekenaardienste
Joba Rekenaardienste lewer nie net 'n ondersteuningsdiens veral aan skole en individue nie, maar ook Webhuisvesting en ander dienste. Ondersteuning is veral gerig op die Joba Produkte.
Produkte sluit in Joba Atletiek, Joba Landloop, Joba Verslagkaart, Joba Mediasentrum/Biblioteek, Joba Voorraad en 'n Roosterprogram: TimeDesign. Webblad huisvesting en onderhouding vir skole is ook beskikbaar.
Rig navrae aan: joba@joba.co.za
Joba Computer Services is a service to schools and teachers. Products include Joba Athletics, Joba Trial Run, Joba Conduct, Joba Media Centre/Library, Joba Assets, and a Time Table program: TimeDesign.