Image

JobaRus

Ons kan met groot opgewondenheid 'n nuwe toevoeging aankondig: Joba stel JobaRus Oornagverblyf vir twee persone in Bloemfontein bekend. Ideaal vir die reisiger wat hier moet oornag of wat 'n vergadering of sportbyeenkoms in Bloemfontein moet bywoon!

https://www.jobarus.co.za/

JobaSkool

Hulpmiddels vir skooladministrasie.

'n Diens word aangebied wat Data ontleding en hulp om verslae vir 'n skool op te stel deur die beskikbare data in die skooladministrasieprogram.

Afwesighede kan per selfoon in die klas of op die administratiewe rekenaar aangeteken word en word dan weekliks op datum gebring in Sams.
Joba Verslagkaart is nou opgradeer na JobaVerslag en kan nou die Dissiplinêre rekords direk na u Sams data stuur.

Handboeke kan geskandeer word per selfoon of met 'n handskandeerder en so uitgereik of teruggeneem word by leerlinge.

Jobaskool

JobaRoster

JobaRoster is 'n nuwe Skoolrooster program wat roosters (timetables) van skole pak.

Dit word as 'n diens aangebied om 'n rooster vir 'n skool te pak. Kontak my per e-pos na joba(by)joba.co.za

Kontak my as ons u skoolrooster kan pak.

Joba Atletiek

Nuutste Program-weergawe: 25.0107 
Databasis-weergawe:
25.03


Indien jou databasis verskil van die nuutste weergawe, moet dit ingestuur word vir opgradering.

Onthou om jou programlisensie betyds vir die 2024/2025 -seisoen te hernu!

  • Onthou ook om die jongste Inskrywingsvorm (e-JobaForm 24-1) te gebruik.
  • Weergawe 25.0105 met databasis 25.02 het net een toevoeging om e-JobaForm25-1 te kan gebruik wat tot 11 items per atleet toelaat. Dit is om voorsiening te maak vir skole se kleuresport byeenkomste. Die kontrolelyste is ook aangepas om 11 items te wys.
  • Daar is ook 'n regstelling met weergawe 25.01.05 wat die puntetelling (plekke) van plekplasings regstel.
  • Weergawe 25.0106 met databasis 25.03 maak nou voorsiening dat die aantal bane wat vir Hekkies beskikbaar is, in baanlotings in ag geneem word.
     

Uitslae beskikbaar op

Joba Results

(www.jobaresults.co.za)

Inligting en vorms oor byeenkomste is by http://jobaentries.co.za 

Joba Rekenaardienste

Joba Rekenaardienste lewer nie net 'n ondersteuningsdiens veral aan skole en individue nie, maar ook Webhuisvesting en ander dienste. Ondersteuning is veral gerig op die Joba Produkte.

Produkte sluit in Joba AtletiekJoba LandloopJoba Verslagkaart, Joba Mediasentrum/BiblioteekJoba Voorraad en 'n Skoolroosterprogram. Webblad huisvesting en Webblad instandhouding vir skole is ook beskikbaar.

Rig navrae aan: joba@joba.co.za

Joba Computer Services is a service to schools and teachers. Products include Joba Athletics, Joba Trial Run, Joba Conduct, Joba Media Centre/Library, Joba Assets, and a Time Table program: TimeDesign.

Vir enige navrae stuur e-pos na joba 'at' joba.co.za