Joba Produkte

Joba rekenaardienste het verskeie produkte wat veral op skoolvlak baie nuttig is.

Die Joba Atletiekprogram is baie gewild by skool atletiekbyeenkomste. Die program word nou al verskeie jare by die Laer- en Hoërskole Nasionale Skoolkampioenskappe gebruik. Kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer besonderhede.

Die Joba Landloop is 'n nuwe toevoeging om die verwerking van uitslae tydens landloop (cross country) byeenkomste te vergemaklik. Dit is gebaseer op die atletiekprogram, maar maak voorsiening vir landloop se items en ook die spankompetisies soos wat dit by die SA Skole Landloop Kampioenskappe gedoen word.

Die Joba Mediasentrum is 'n program wat die aanwinsregister van die mediasentrum rekenariseer. Dit hanteer nou ook die uitleen van biblioteekboeke per skandeerder.

Die Joba Verslagkaartstelsel bied aan 'n skool die geleentheid om 'n straf/beloningstelsel vir 'n skool te bedryf. Dit bied negatiewe en positiewe punte en briewe, met eie bewoording, aan leerders wat 'n sekere aantal punte gekry het.

Die Joba Bateregister is 'n eenvoudige program om die voorraad van 'n skool te hanteer. Lyste per klas, bateregister ens.

'n Program wat skoolroosters pak is tans onder ontwikkeling.

Joba Rekenaardienste se dienste sluit ook Webhuisvesting en ander dienste in.

  • Webtuistes kan teen billike tariewe gehuisves word en indien daar hulp nodig is met die aanvanklike ontwerp en afskop van die webblad kan Joba u tot groot hulp wees. Gebruik gerus die kontakblad om meer uit te vind.
  • Skole kan 'n webteenwoordigheid, insluitend epos adresse, teen minimale koste verkry.