Nuut in die 2020 Atletiek weergawe!

Nuut:

  • Beamptes kan geregistreer word, beamptelys gedruk word, en hoofbeampte van item sal op uitslagkaarte verskyn.
  • Data se rugsteunl√™er kan nou vanuit Joba-Atletiek direk per e-pos na Joba gestuur word indien nodig.
  • Spankontrolelyste kan nou direk uit program ge-e-pos word na die spanbestuurder se e-posadres.
  • Die spanuitslag kan direk vanuit program ge-e-pos word na spanbestuurder.

Veranderings:

  • JobaResults webblad, waar lewendige uitslae op die web geplaas word, het verskuif en is gemoderniseer.
  • Engelse afkortings vir items kan ook op die templaat gebruik word.
  • Die databasis se naam verander nou vanaf atletiek.gdb na Joba[lisensiekode].gdb
  • Baanlotings is meer vaartbelyn gemaak.
  • Atlete per item druk nou baanlotings en inskrywings makliker leesbaar uit.